Heilie Margaretha Maria Johanna Du Bruyn-Nel

12 October 19452 June 2023

Passed away on 2 June 2023, aged 77, at North Shore Hospital with her dearly loved husband, Chris, by her side. Beloved Mother and Mother-in-law of Lizelle, Yvonne, Bryan and Josh. Super loving Ouma to Nico. We will love you forever and ever and a day. A service to celebrate Heilie's life will be held at Dils Hibiscus Coast Chapel, 48 Waiora Road, Stanmore Bay on Wednesday 14 June 23 at 2pm.

Funeral service held at Dil's Funeral Services Hibiscus Coast

Tributes

Liewe Heilie, Ons het jou en Chris lank gelede in ongeveer 2000 ontmoet by 'n Suid Afrikaanse funksie hier in Tauranga. By die eerste ontmoeting met jou het ons almal amper verdrink in jou seeblou oe..... en natuurlik niemand het jou perdebylyfie gemis nie! Ons het so baie in gemeen gehad. Vanaf Louis Trichardt in SA  tot Tauranga NZ. Net soos ons kon jy nie ''joiners'' verdra nie, en nou nog as ons 'n Suid Afrikaner in 'n All Blacktrui sien, dan glimlag ek en Kevin vir mekaar, want dit herinner ons weereens aan jou. Met jou ons Heilie was die saak OF reg, OF weg. Jy het nooit doekies omgedraai nie, en mens het altyd geweet waar jy staan met Heilie. God was die Regter in jou lewe, en jy het jou lewe opgedra aan Hom en jou pragtige familie. Margaret Thatcher the "Iron Lady" could have taken lessons from YOU. There was much more Iron in our Heilie than in anyone else. Ons mis jou nou ons opregte en wakker vriend, en ons sal jou mis vir altyd, want enige persoon wat iemand soos jy kon ken was baie bevooreg, en daar was maar min soos jy. Vir Chris en die kinders gaan dit lank neem, maar ons sal weer ontmoet eendag.... Rus in vrede ons mooiste maat, in hart en siel. Beeldskoon, opreg, sterk, eerlik en 'n ware Afrikaner. Baie liefde. Kevin , Louise, Danielle en Claude Olivier.

Louise & Kevin Olivier

Liewe tannie Heilie Ons onthou tannie as ‘n stylvolle dame met ‘n skerp humorsin. Ek onthou hoe ek as dogtertjie na tannie en oom Chris se gespekke met my ouers geluister het. Dit was sulke interessante geselskap! Ons kuiers in Benoni was altyd iets om na uit te sien. Tannie het pragtige, omgee dogters en sterk vroue groot gemaak. Tannie se nagedagtenis is in goeie hande! Rus in vrede, tannie. Tot ons weer ontmoet. Liefde Paul en Marené van Staden

Marené van Staden

Dearest Heilie, My heart goes out to your family in this time of sorrow. You will be missed. We worked together for several years and one of my key memories of you is the love and devotion to your family. You shared many anecdotes and stories about them and your life story. You encouraged me and inspired me to do better. You were also a guiding voice during some difficult times for me. I will be forever grateful. You taught me lessons that remain with me and I continue to do today. Thank you for your guiding light. I regret not reaching out to you in the last few years - and for that I am sorry. May your rest in peace, Heilie and may your family find solace you are in the arms of God. Love and light always, Elizabeth

Elizabeth Sturrock

Liewe niggie. Dit is so hartseer om te weet e tik hierdie boodskappie, maar jy kan dit nie lees nie! Nogtans weet ek in jou gees is jy nog syeeds met my! Dankie dat ek jou my niggie kon noem, trots, deftig, elegant en het alles wat aangepak het met soveel energie en passie voltooi! Jou geesdrif was aansteeklik en jou geloof het my oortuig dat jy van kleins af Jesus se kind is! Dankie vir jou liefde, vriendskap en omgee, dat jy altyd wou weet hoe dit met my gaan, of ek gesond en gelukkig is! Dit is hartseer om jou te groet my liewe Heilie, maar dit is tydelik, tot ons weer mekaar in die Hemel sal omhels! Rus sag liewe niggie! Lief vir jou!!❤🙏

Hetta Bailie

Liewe tannie Heilie Ons sal tannie altyd onthou as n netjies en perfek geklede dame Wie se hande vir Niks verkeerd gestaan het nie, n ware raakvat vrou Rus in vrede Liefde Freek Hanele en kinders

Hanele van Wyk

Jy was soos 'n stêr in die lug wat altyd geskyn het vir Chris, Yvonne, Lizelle, jou kleinseun en jou skoonseuns. Na baie moeilik jare het jy die wedloop end-uit gehardloop en bo alles die geloof behou. Ons weet die dood is nie finaal nie. In Christus het jy rus gevind en is jy uiteindelik na HOM toe. Maar ons sal mekaar weer sien aan die voete van ons Heer. Mag ons net die mooi onthou en altyd weet hoe om voluit te lewe en gereed te wees. Heilie jy sal nooit uit ons gedagtes verdwyn nie. RUS in Vrede

Heilie Keet

Aunty Heilie was a beautiful woman. She was intelligent, kind, hospitable, hard-working and always strived to improve her and her family's living conditions. She always wanted the best for her husband and children. She admired and appreciated her husband and children. She was a faithful wife and mother who was willing to sacrifice for her husband and children. Their well-being was her highest desire and delight. May GOD continue to bless her family.

Jan and Susan Cilliers

Hi Yvonne.. Thank you for telling me about your mom's passing.. for remembering me during this sad time for all of you there. Such news always comes as a shock and is hard to absorb. It leaves me with an empty feeling and a guilty sadness that I did not communicate with her while I could. While this is an inherent fault of mine.. it is no real excuse. My deepest sympathy goes out to yourself, your dad and Lizelle. . The world is a darker place... may Halley rest in peace.. (I always spelt her name that way.. after the comet.. bright and dependable ) Sorry.. this took some time to write.. a sad and emotional day All my best wishes of strength and courage through this sad time.

Jimmy Prinsloo

Liefste Yvonne, Hoe seer is my hart vir julle met jul groot verlies. Sy was regtig so spesiaal en haar mense was haar alles. Haar puntenerige mooi leef het ek reeds deur jul leef ervaar en beleef. Mag jul altyd vashou aan die mooi herinneringe. Gelukkig treur ons met die wonderlike wete dat sy op 'n baie beter plek is en eintlik beny ons haar. Mag die Here jul vertroos en krag gee... een dag op 'n slag. Ons het my Pa se lewe net meer as 'n week terug gevier... so ek weet waardeur julle gaan. Baie sterkte en liefde. Stywe drukke❤️🙏

Hanlie Kotze

Aan Heilie Wees still, daar gaan 'n vrou verby.... Watter vooreg was dit nie om jou te ken. Jy was eerlik, reguit en het vas gestaan in jou geloof, opvoeding, morele standaarde en dit wat jy geglo reg was. Jy sou nie huiwer om ander te te probeer help indien jy sien hul stuur op die verkeerde pad af nie. Ons het meer mense soos jy nodig in die verwarde saamelewing! Heilie het geweet waar om die grense te trek en altyd gestreef daarna om goed en reg aan ander te laat geskied. Ons het jou in ongeveer 2001 leer ken as iemand met 'n diep liefde vir haar land en kultuur en jul het altyd moeite gedoen om Suid Afrikaanse funksies, kerk en mense te ondersteun. Ons sal jou mooi diep lag onthou asook iemand wat steeds op hoë ouderdom op haar hurke kon sit en opkom sonder om om te val. Ons glo dat jy 'n positiewe verskil in mense se lewe gelaat het. Dat jy voluit gelewe het en dat jy verseker 'n leemte gaan laat in talle mense se lewens. Ons sal jou met mooi herhinneringe onthou. Jou laaste jare was moeilik en dit moes vir jou wat 'n aktiewe vrou was en vir wie se hande niks verkeerd gestaan het nie, bitter moeilik gewees het om vasgekluister en hulpeloos te wees. Tog was jy steeds positief onder omstandighede. Ons sal jou soos 'n soet geur van blomme onthou en glo dat ons mekaar weer in die hiernamaals sal ontmoet. Jy het ons vooruit gegaan..... RUS IN VREDE.

Poppie Engelbrecht

Ek sal Mamma lief hê, vir altyd en altyd en nog 'n dag. . .

Yvonne

Ma Heilie. Ja, ek praat nog van Ma en Pa alhoewel ek net n kort rukkie familie was. Dit is uit respek vir die invloed wat julle op my lewe het. Ma het my geleer om op te staan vir jou regte en wat reg is. Selfs in die goedkoop restaurant dring jy aan op goeie diens. Ma was enig in jou soort. Daar is nie nog iemand soos Ma nie. (Dalk Yvonne so nou en dan) Pa Chris, dankie dat Pa so lief was vir Ma. Haar altyd ondersteun het en haar soos n prinses laat voel het. Sterkte aan julle almal. Ek dink aan julle in hierdie tyd en wens ek kon daar wees. Mooi bly tot ons mekaar weer sien.

Leon Von Rönge

Oom Chris, Lizelle, Yvonne en familie, Weet asseblief dat julle in ons harte en gebede is met jul groot verlies. Baie sterkte vir vandag, mag God se liefde julle dra en sy genade vir julle rus gee. Baie liefde Carlisia en Thinus

Carlisia

The loss of people close to you is life changing and very final. However, we do know that Heilie is in a better place and relieved from life on this earth. Keeping our focus on our Provider will bring peace.

CHRIS, Lizelle, Yvonne and family

Heilie Ons sal jou altyd onthou as n wonderlike opgewekte en vriendelike vriendin wat ons vir jare al ken hier in NZ. Ons gun jou nou die rus na die afgelope jare se moeilike lewensomstandighede hier op aarde. Rus sag tot ons weer ontmoet! Ons liewe vriend Chris, baie sterkte aan jou asook aan al die kinders en kleinkinders, koester al jul mooi herinneringe en sterkte met die verlange wat sal volg. Ontvang asb ons medelye ons sal inskakel na diens en in ons harte saam met jul wees. Pieter en Isabel Kriek

Pieter en Isabel Kriek
App logo mockup
The Remembered App

A simple way to share tributes, receive service reminders, and send flowers or support.

Join the Waitlist
Website Logo

©2026 remembered.co.nz All rights reserved.